Ingelegde vis

INGELEGDE VIS

3kg stokvis, grate verwyder

bietjie meelblom en sout

2 lourierblare

1 pakkie kerriemengsel (medium)

1 bottel asyn

2 eetlepels blatjang

¼ koppie meelblom

goeie kookolie

500g uie

6 peperkorrels

2 eetlepels suiker

1 teelepel borrie

 

Skil die uie en sny in skywe. Sny vis in stukke. Sprinkel liggies met meelblom en smeer bietjie sout in aan beide kante. Braai die stukke tot `n ligte goudbruin kleur oor matige hitte in olie wat rokend warm is. Verwyder die vis, voeg die uie by en braai liggies. Voeg `n klein bietjie sout by. Laat die olie afloop. Kook nou die asyn saam met die peperkorrels, lourierblare, suiker, blatjang en `n knypie sout vir sowat 10 minute., maar hou `n halwe koppie asyn eenkant. Meng die meelblom en borrie met die half koppie asyn tot `n gladde pasta en roer in die kokende asynmengsel in. Kook totdat dit effens dik is, verwyder van die plaat, maar hou die sous warm. Rangskik nou die vis en uie in lae in `n skottel wat `n deksel het, beginnende en eindigende met `n laag uie. Gooi nou die sous versigtig bo-oor en stoot die paperkorrels en lourierblare na die kante van die skottel toe. Sit die deksel op en plaas in `n oond van 180C vir ongeveer een uur. Haal uit, en vee klammigheid aan die anderkant van die deksel af. Laat afkoel en bêre in die yskas vir drie dae. Bedien koud.

 

Share Button

Twee-uur komkommer-piekels

BESTANDDELE

1 Engelse komkommer
125 ml wit wyn asyn
125 ml water
10 – 15 ml suiker
1 klein bossie pietersielie, grof gekap
½ rooi ui, dun gesny
1 lourierblaar
sout en peper

METODE

Halfeer die komkommer in die lengte en skraap die saad met ‘n teelepel uit.
Sny elke helfte in drie lang stukke en sny elke derde in dun repe.
Plaas die komkommer en al die ander bestanddele in ‘n houer wat kan seël en laat dit in die yskas vir minstens 2 uur.

Resep: RSG

Share Button

‘Mrs Ball’s Blatjang’

Maak 18 Bottels (Mild)

612 Gram Droëperskes
238 Gram Gedroogde Appelkose
3 Liter Bruin Druiwe-Asyn
2 1/2 Kg Wit Suiker
500 Gram Uie
120 Gram Sout
5 Gram Cayenne Peper

Om Blatjang “Hot” Te Maak, Voeg 75 Gram Gemaalde Brandrissie By.
Om Perskeblatjang Te Maak, Los Die Appelkose Uit En Gebruik 850 Gram Droëperskes

Week Vrugte Oornag In Die Druiwe-Asyn. Kook Dan In Asyn Tot Sag En Dreineer. Maal In Klein Stukkies In ‘N Meul (Of Versnipper Met ‘N Kombuismes) Gooi Die Vrugte, Suiker (Opgelos In ‘N Bietjie Van Die Asyn) En Uie (Gemaal) By En Kook In ‘N Groot Pot In Die Asyn. Die Hoeveelheid Asyn Hang Af Van Die Vastigheid, Dit Moenie Te Loperig Of Te Dik Wees Nie, Maar So Dik Soos Die Eindproduk In Die Bottel. Voeg Cayenne Peper En/Of Brandrissie By En Kook Vir 2-21/2 Uur. Roer Nou En Dan Met ‘N Houtspaan

Share Button